Ons wiskundesentrum is anders as die res – vol pret, leer en glimlagte. Die kinders is mal daaroor!
Meer oor ons boeke
Ezio het 8 jaar gelede ‘n gaping in die mark raakgesien vir Wiskunde inoefening. Ons het ‘n reeks Wiskunde boeke (beskikbaar in Engels en Afrikaans) vanaf Graad 4 tot Graad 7 geskryf.
Die boeke is volgens die nuwe kurrikulum (CAPS) geskryf. Die boeke is so geskryf dat ‘n leerder die somme baie vinnig onder die knie sal kry. Die somme is van maklik tot moeilik.
Baie ouers weet baie keer self nie hoe om die wiskunde vir hulle kinders te verduidelik nie. Ezio Akademie boeke is daar om jou as ouer te help.
Ondersteuning vir ouers en leerders
CAPS-belyn en maklik verstaanbaar
Wiskunde-boeke vir Graad 4–7
Breuke
Graad 4 Werkboek
Graad 5 Werkboek
Graad 6 Werkboek
Graad 7 Werkboek 1
Graad 7 Werkboek 2
Graad 7 Werkboek 2
Wiskunde Woordeboek
Hoofrekene
Vermenigvuldiging en deling
Meer oor ons klasse
Baie mense het begin navraag doen oor ekstra klasse. Ezio het besluit om ‘n akademie te begin om Laerskool & Hoërskool kinders te help met inoefening vir Wiskunde. Die skole werk teen ‘n versnelde tempo en baie keer word daar stappe uitgelaat. Ezio bied die klasse teen ‘n baie bekostigbare mededingende prys aan.
Ons doel is om klasse professioneel aan te bied. Ons glo dat ons student sukses sal behaal met al die ekstra inoefening. Al ons opleiers is sorgvuldig gekies en is tans aktiewe onderwysers wat hulle die ideale kandidate maak omdat hulle goed op hoogte is met die kurrikulum. Ons leerders is mal oor hulle en ons span doen altyd ons beste om elke kind se tyd by ons aangenaam en waardevol te maak.
Ekstra Wiskunde-klasse vir Laer- en Hoërskoolleerders
Ervare en toegewyde onderwysers
Professioneel én bekostigbaar
Kontak ons vir meer informasie
Of jy meer wil uitvind oor die klasse, beskikbaarheid, navrae, of die Ezio Wiskunde-reeks boeke, kan jy gerus met Madeleine Greeff, die eienaar van Ezio, of met ons verkooppersoon gesels. Kontak ons met vrymoedigheid — ons help graag!
“Ons wiskunde sentrum is uniek en die kinders is mal daaroor. Kom kyk self hoekom!”
Kontak ons om ń draai te kom maak.