Ezio het 4 jaar gelede ‘n gaping in die mark raakgesien vir Wiskunde inoefening.  Ons het ‘n reeks Wiskunde boeke (beskikbaar in Engels en Afrikaans) vanaf Graad 4 tot Graad 7 geskryf.

Baie ouers weet baie keer self nie hoe om die wiskunde vir hulle kinders te verduidelik nie. Ezio wiskunde boeke help dus die ouers ook.

Die boeke is volgens die nuwe kurrikulum (CAPS) geskryf.  Die boeke is so geskryf dat ‘n leerder die somme baie vinnig onder die knie sal kry.  Die somme is van maklik tot moeilik.

Baie mense het begin navraag doen oor ekstra klasse.  Ezio het besluit om ‘n akademie te begin om Laerskool en Hoërskool kinders te help met inoefening vir Wiskunde en Wetenskap.  Die skole werk teen ‘n versnelde tempo en baie keer word daar stappe uitgelaat.  Ezio bied die klasse teen ‘n baie bekostigbare mededingende prys aan.

Ons doel is om klasse professioneel aan te bied.  Ons lektore is goed opgelei.   Ons glo dat ons student sukses sal behaal met al die ekstra inoefening.

Ons is trots Suid-Afrikaans!!!